100 ml sonneblomolie
200 ml melk of water
1 ekstra groot eier
5 ml Ina Paarman knoffel-en-kruie-mengsel
500 ml (2 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
Knippie sout
200 ml MIAMI Chakalaka
250 ml chedderkaas (gerasper)
Voorverhit die oond tot 180 oC. Smeer die holtes van ‘n muffinpannetjie goed met margarien of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng olie & melk, voeg eier by. Meng goed.
Sif alle droë bestanddele saam en meng eiermengsel liggies by die meelmengsel in.
Skep ‘n groot eetlepel van hierdie beslag in elke holte van die muffinpannetjie.
Skep bo-op elk ‘n eetlepel MIAMI Chakalaka en strooi gerasperde kaas oor elkeen.
Bak sowat 20 minute lank.
Sit warm voor – geen botter of smeermiddels is nodig nie, want hierdie muffin is heerlik klam en geurig.