
500g maalvleis
Pakkie bruin uiesop
Teelepel asyn
30ml Miami Sweet Tomato Relish
125ml suurroom of gewone joghurt (opsioneel)
Meng al bogenoemde bestanddele goed en maak kleinerige frikkadelle.
Bak in die oond of braai in olyfolie tot gaar.
Bedien met slaai.
Vir vinnige pastagereg:
Terwyl frikkadelle gaar word doen die volgende:
Kook enige pasta van jou keuse en hou eenkant.
Tangliatelle is ideaal.
Vir pastasous: braai 1 ui tot deurskynend, voeg 1 blik
MIAMI Tomato & Olive (of enige ander blik MIAMI tamatiemengsel) by en prut vir so 5 minute.
Meng 2 groot opgehoopte eetlepels gewone roomkaas by.
Meng frikkadelle by die sous en bedien op pasta met parmesan en ‘n slaai.