Kors
90 g (100 ml) sagte botter of margarine
75 g (100 ml) suiker
2 eiers
100 g (175 ml) koekmeelblom
5 ml bakpoeier
Knippie sout
Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by. Sif meel, bakpoeier en sout saam, voeg by eiermengsel en meng deeglik. Smeer deeg met ‘n slaplemmes op die boom en teen die rand van twee tertborde van 24 cm in deursnee.
Beslag
1,5 l melk
150 g botter of margarine
50 g (100 ml) koekmeelblom
5 eiers, geskei
50 g (100 ml) maizena
2 k suiker
Knypie sout
Kaneelsuiker
2 ml amandelgeursel (indien verkies)
Meng 300 ml van die melk met koekmeelblom, maizena, sout en suiker tot glad. Verhit die res van die melk (1,2 liter) tot kookpunt en klits meelmengsel daarin sodra dit begin kook. Roer tot mengsel prut. Voeg botter by en roer tot gesmelt. Klits eiergele saam en roer by. Klits eierwitte tot styf en vou dit saam met die geursel in die melkpap in. Skep vulsel in tertborde, strooi kaneelsuiker bo-oor en bak 30 minute by 190 oC.