Meng saam:

1 bottel MIAMI Piccalilli
1 blik kondensmelk
1 blik vrugtekelkie (gemengde vrugteslaai), gedreineer

Sny by:
8 groot piesangs

Wenk:
Gooi kookwater oor die piesangs nog in die skil.  Die skil verkleur pikswart, maar die piesang binnekant is nog steeds ongedeerd.  Dit keer dat die piesang nie in die slaai verkleur nie.

Skil en sny die piesang in skyfies en meng met al bogenoemde bestanddele.
Laat staan oornag in yskas, indien moontlik.  Bedien saam met braaivleis