1 pak tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte margarien
2 koevertjies Orley Whip
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
1 houer (250g) gladde maaskaas of roomkaas
1 koevertjie 10 g gelatien aangemaak in 25 ml kookwater
1 blik (125g) MIAMI Grenadilla Pulp
1 pak grenadilla jellie (maak aan met 200ml kookwater en gooi dan 200ml koue water by)
1 koevertjie 10 g gelatien aangemaak in 25 ml kookwater
Kap tennisbeskuitjies fyn in ‘n plastiese sakkie en meng met gemelte margarien.
Druk beskuitjiemengsel plat in gesmeerde tertbak (20 x 30 cm pannetjie)
Klop Orley whip styf en hou eenkant
Meng kondensmelk en suurlemoensap goed
Voeg maaskaas by en meng goed.
Voeg afgekoelde gelatien by kondensmelkmengsel terwyl vinnig geklits word.
Klits geklopte Orley whip by kondensmelkmengsel
Gooi mengsel op beskuitjielaag in tertbak.
Laat effens stol in yskas (± 1 uur) en gooi MIAMI Grenadilla Pulp oor mengsel – versprei eweredig
Maak jellie met 200 ml kookwater en 200ml kouewater.
Laat afkoel in yskas ± 1 uur lank
Gooi bo-oor grenadilla laag en laat stol oornag of 3 ure in yskas.