Miami Canners Logo

Om meringue te maak:

5 ekstra groot eierwitte
400 ml strooisuiker
15 ml maizena
12 ml wit asyn
2 ml kremetart
knypie sout

2 pakkies Tennisbeskuitjies
100 ml geklopte room
1 blikkie karamel kondensmelk
Verhit 1 blikkie MIAMI Grenadilla Pulp met 50ml koue water en verdik met 8ml maizena,
meng 50g versiersuiker in en laat afkoel
Gehalveerde aarbeie en druiwe
1 blikkie spuitroom of res van geklopte room

Klop eierwitte tot sagtepunt stadium.  Voeg strooisuiker lepel vir lepel by  terwyl geklits word.  Klits tot mengsel styf is en vorm behou (dit het so ‘n blink skynsel)  Vou maizena, sout, asyn  en kremetart met metaallepel in.

Pak Tennisbeskuitjies in beskuitjiepanne uit.
Gooi lepelsvol meringue op die beskuitjies (so 2cm dik)
Droog oornag in oond teen 100°C
Roer geklopte room by karamel in.  Smeer oor gedroogde pavlova.
Spuit spuitroom in sirkel op die koekies.
Voeg gesnyde aarbei en gesnyde druiwe op.
Rond af met Miami grenadilla mengsel en geniet!