Benodig:  Nr. 8 Swart Driepootpot 

500ml olyfolie
2kg uie (in kwarte gesny)
7,5kg beesstert
2,5kg baba aartappels
2 pakkies aromat
2 blikke botter bone
1 bottteltjie suurlemoen peper
2 blikke baked beans in tomato
4 eetlepels knoffel
pakkie gemengde kruie
Halwe bottle Oloffbergh brandewyn    

 2 bottels MIAMI Sweet Tomato Relish

2 pakkies beesstert sop
1 liter room

Verhit pot oor kole en gooi olyfolie in.  Braai beesstert in olie tot bruin.  Voeg nou aromat, suurlemoenpeper, knoffel en al die Oloffbergh brandewyn by.

Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer ‘n 1 ½ uur.  Roer die pot elke ½ uur.  Sodra die vleis na 1 ½ uur redelik sag is kan die gesnyde uie bygevoeg word en vir nog 10minute met die deksel op gekook word.  Voeg dan die baba aartappels by, asook: botterbone, bake beans en helfte van die gemengde kruie bo-op aartappels. 

Gooi die 2 bottels MIAMI Sweet Tomato Relish bo-oor.  Hou die bottels en gooi ‘n pakkie beesstert soppoeier in elke bottel en vul driekwart met water.  Skud tot opgelos en gooi alles bo-oor die inhoud van pot.  

Kook die pot vir nog ongeveer 45 minute tot aartappels sag is.  Voeg die room by en laat prut dan vir 10minute.

Bedien met stamp mielies, pap of rys.