Ideale bygereg met ‘n braai
2 medium butternuts
1 blik Miami Ratatouille             
Sout en peper
Gemengde kruie

Sny die butternuts in die lengte in die helfte deur, en ontpit.
Gooi sout, peper en kruie oor.
Vul die butternut met ratatouille.
Draai toe met foelie en bak vir ongeveer ‘n uur by 180 oC, of in die kole by ‘n braai.