Vleismengsel
15 ml margarine
1 groot ui gekap
1 knoffelhuisie, geskil, gekap (1 tl van daai crushed knoffel)
1 blik MIAMI Tomato, Garlic, Basil & Origanum
500 g maalvleis (verbruin eenkant)
150 ml rooiwyn 15 ml suiker
5 ml asyn 5 ml basiliekruid (sweet basil)
40 ml maizena 200 ml tamatiesous
2 ml origanum 5 ml sout
2 blokkies vleisaftreksel (maak aan met bietjie water)
Voorverhit oond tot 220 oC . Braai uie, knoffel en margarine tot goudbruin. Voeg tamaties en verbruinde maalvleis by en kook tot gaar. Gooi al die ander bestanddele, behalwe maizena by en prut vir 20 min. Maak maizena aan met bietjie water en gooi by vleismengsel, laat prut vir 2 minute. Haal af van stoof.
Kaassous
50 g margarine 50 g koekmeelblom
10 ml mosterdpoeier 100 g kaas gerasper
500 ml melk
Smelt margarine. Roer koekmeelblom by. Gooi melk by en klits met handklitser.
Roer gereeld tot dik. Voeg kaas en mosterd by. Haal van stoof af.
Indien nodig kan kaassous 1 ½ keer aangemaak word vir ‘n romeriger gereg.
Om lasagne te pak
Pak in lae en begin met kaassous, lasagne en dan vleissous.
Eindig met laag lasagne, bietjie kaasous en gerasperde kaas.
Plaas in warm oond tot kaas gesmelt is.