60 ml Avokado olie
100g spek
1 gekapte ui
5ml  knoffel (opsioneel)
375g Arborio rys
410g  MIAMI Tomato & Peppadew
4 kop hoenderaftreksel
250g hoenderlewer
½ kop gekapte peppadews
½ kop Parmesan kaas
handvol Rocket of Pietersielie

Braai spek in olie en voeg dan uie & knoffel by.  Braai tot sag.
Voeg rys by en braai ‘n bietjie meer (verlaag hitte)
Voeg MIAMI Tomato & Peppadew, asook 1 kop hoenderaftreksel by.  Roer gereeld, tot vloeistof geabsorbeer is.  Hou aan vloeistof byvoeg en roer tot al die hoenderaftreksel (ook oorblywende 3 koppies) gebruik is of rys gaar is, dit sal wel ‘n tydjie neem.
Intussen braai die hoenderlewer tot goudbruin.
Sodra die rysmengsel (risotto) gaar is kan gaar hoenderlewer en peppadews bygevoeg word.  Sprinkel parmesan kaas en gekapte rocket/pietersielie oor en bedien dadelik.