Soetsuur varkrepies 

Bestanddele
1 Pak lintnoedels (Chow mein noodels is beskikbaar by Fruit & Veg)
500 g varkrepies
½ bottel MIAMI Gerkin Relish
1 teelepel fyn knoffel
2 eetlepels sojasous
1 eetlepel suurlemoensap
1/3 koppie fyn grondboontjies
Olie (olyf)
1 pak McCains Oriental Mix

of 

Vars roerbraai groente (fyn repies kool, uie, julienne wortels, ertjies, sampioene pitmielies) 

Metode:

Week die noedels in kookwater vir 10 tot 12 minute – (bedek met kleefplastiek)
Roerbraai groente, skep uit en hou eenkant.
Braai die varkrepies in olie tot ligbruin en geur met sojasous.
Voeg knoffel en gemmer (opsioneel) by.
Voeg grondboontjies en suurlemoensap by.
Gooi groente by en die halwe bottel MIAMI Gerkin Relish
Prut vir 5 minute.
Dreineer lintnoedels en voeg by en dien op.

MIAMI Gerkin Relish

MIAMI Gerkin Relish is ‘n delikate vermenging van gebraaide uie en fyngekapte gerkins (baba-komkommer) in ‘n soet-suur sous.  Gebruik dit koud of warm.  

Gebruiksvoorstelle: Aartappelslaai, koue vleis bord, worsbroodjies, hamburgers, toebroodjies, hoendervlerkies (sticky wings), roerbraaigeregte, braaibroodjies, doopsouse. Heerlik saam met enige kase (vervang sweet chilli sous met Gerkin Relish op Philadelphia kaas) – die moontlikhede is legio!