1ui gekap
olie vir braai
Vars gemmer gerasper
1 eetlepel knoffel
30ml koekmeel
1 teelepel Vars tiemie (gekap)
800g varkfillet in blokkies gesny.

1 blik MIAMI Italian Style Tomatoes

100ml rooiwyn
1 koppie gevriesde mielies
1 van elk rooi /geel peppers gekap  (dit brand nie, lekker soet)
Fillo of puffpastry vir bolaag
Bak teen 180°C vir 30 min

Braai ui in olie tot sag en deurskynend, voeg gemmer en knoffel by
Meng koekmeel en tiemie saam, bedek varkfillet blokkies met meel en verbruin in uiemengsel.
Meng by: blik tamaties, wyn, mielies en peppers en prut tot verdik en gaar.
Gooi in oondbak en bedek met filo of pastei deeg.
Smeer eier of melk oor deeg vir mooi bruik kleur.
Bak teen 180°C vir 30 min